Ons Geskiendenis
Op 5 Desember 1996 open …And Lemon Bloemiste se deure. Ons winkel was die droom van Johan Engelbrect, wat as ‘n geliefde in Upington se samelewing sy plek volgestaan het as Onderwyser en ook ons geliefde koorleier.
Die winkel se naam ” … And Lemon Bloemiste” was sy breinkind – hy het in die Kaap rondgery en iewers die naam van ‘n restaurant “And Lemon” gesien en net daar en dan besluit dat hy eendag ‘n bloemiste winkel met hierdie naam wil hê en so was dit dan ook die naam wat hy gebruik het toe hy sy droom verwesentlik.
Johan sterf in April 2013, maar sy vrou besluit om met sy drome voort te gaan. Sy gaan aan met ons winkel en ook met ons dorpskoor. Op 29 Januarie 2019 sterf Christi en Chris-Johan, hul seun gaan voort met die winkel.
4 November 2019 verkoop hy die winkel aan Annerie de Beer, ‘n jare lange vriendin van sy ouers. Annerie is ‘n rekenmeester van beroep, maar spandeer haar vrye tyd aan verskeie kunsvorms en om ‘n bloemiste te wees, was ook een van haar drome.
In Oktober 2020 kwalifiseer Annerie as Bloemiste by Cape School of Floristry.
Eerste ruiker wat Annerie op 4 November 2019 maak nadat sy die winkel gekoop het.
Ons winkel was vir 26 jaar in die Chrizelle Sentrum. Op 1 Augustus 2022 verskuif ons ‘n paar blokke vanaf Le Roux Straat 19 tot Le Roux Straat 60 na die Gemsbok se gebou. Ons kombuis word goedgekeur en ons voeg ‘n nuwe veld by die blomme naamlike die koeke en platters.
Ontmoet Ons Spannetjie
Annerie koop die winkel in 2019 van Chris-Johan Engelbrecht.
Annerie doen die aankope, finansies en hanteer ook die koeke.
Hannelie sluit op 1 Januarie 2022 permanent by ons aan.
Sy hanteer ontvangs, die telefoon en die bestellings.
Gertruida is alreeds sedert 1997 in diens van And Lemon Bloemiste.
Gertruida hanteer hoofsaaklik die werkswinkel.